‘n Vrystaatse polisiesersant is ‘n opgeskorte vonnis opgelê nadat hy skuldig bevind is aan aanranding, op ‘n 9-jarige seun, met die doel om ernstig te beseer.
IOL berig Thabisile Dhlamini (45), ‘n beampte by Reitz-polisiestasie, is Woensdag deur die Bethlehem-streekhof gevonnis. Dhlamini het die 9-jarige slagoffer se ma genader om nie ‘n saak te open nie en het ook aangebied om die kind se mediese rekenning te betaal.
Maatskaplike werkers by die Nketoane-hospitaal het ‘n die saak by die polisie aangemeld na hy by die hospitaal vir behandeling opgeneem is.
Dhlamini het skuld beken en is ‘n vonnis van twee jaar opgelê, geheel en al opgeskort vir ‘n tydperk van vyf jaar op voorwaarde dat hy nie aan ‘n soortgelyke oortreding skuldig bevind word gedurende die tydperk van skorsing nie.