Soveel slange is lanklaas in die Parys-omgewing in die Vrystaat gesien, sê WeCare se Wynand Nel, wat die afgelope drie weke meer as 25 slange help vang het.
The Citizen berig Nel wat al vir jare help om slange te verwyder, sê daar is buitengewoon baie slange die afgelope tyd gekry en hy vermoed dat dit moontlik ‘n teken van reën of vroeë koue kan wees, wat maak dat die slange nou kos soek voor hul hiberneer.
Volgens slangkenner en eienaar van Snake Bite Assist in Pretoria, Arno Naudé, is die meeste slangbyte wat gerapporteer word deur rinkhalse, Kaapse Kobras en pofadders veroorsaak. Hy sê alhoewel almal giftig is die rinkhals nie so giftig soos die Kaapse Kobra en ‘n pofadder is nie.