’n Gedenkdiens vir drie Vrystaatse SANW-soldate wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) oorlede is, word by die Tempe-basis in Bloemfontein gehou.
Volgens SABC News vorm hulle deel van die 14 soldate wat in die DRK dood is.
Rosestad-nuus het vroeër berig dat begrotingsbesnoeiings, volgengs die Minister van Verdediging, Angie Motshekga, haar departement se vermoë belemmer om sy mandaat na te kom.
Dit volg op weke se kritiek oor die dood van Suid-Afrikaanse soldate wat in die DRK ontplooi is.
Motshekga sê die departement sukkel om sy toerusting in stand te hou weens begrotingsbesnoeiings.