Daar is geen verskil tussen die kurrikulum wat by spesiale behoefteskole en hoofstroomskole onderrig word nie.

So sê die Vrystaatse Departement van Onderwys en voeg by dat onderwysers jaarliks opleiding ontvang.

SABC News berig dit kom in reaksie op bewerings deur die Vrystaatse Vereniging vir Dowes dat sommige opvoeders by skole vir dowes in die provinsie ongekwalifiseerd is.

Volgens die Direkteur van die Spesiale Behoeftesprogram is al 21 skole in die land geoudit, en daar daar is gevind dat van die onderwysers nie ten volle gekwalifiseerd in gebaretaal was nie.

Daar is toe in 2011 begin om te verseker dat die onderwysers vir opleiding gaan.

Die departement voeg by dat hulle daartoe verbind bly om inklusiewe onderwys te verbeter en te verseker dat alle leerders, ongeag hul vermoë, gehalte-onderrig ontvang.

error: Inhoud is beskerm !!