Die eerste hoofhelikoptervlieënier verbonde aan die polisie se Airwing in die Vrystaat, Kgothatso Khunou,  het die naweek as alghele wenner in die lugvaartkategorie, by die Veertig onder 40-toekennings weggestap.

Sy is een van slegs 17 vroulike vlieëniers in die land.

Die toekennigs, gehou by die Raddison Blu Hotel in Kempton Park, vier jong presteerders, onder die ouderdom van 40, uit verskeie industrieë.

Khunou het ‘n kommersiële vlieënierlisensie asook ‘n Nasionale Diploma in Biotegnologie.

Sy het in 2014 as ‘n junior vlieënier by die polisie aangesluit en is tans besig met haar finale jaar studies.

Khunou bied daagliks lugondersteuning aan grondeenhede wat verdagtes en gewaarlike misdadigers opspoor, en is betrokke by soek- en reddingsmissies.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×