Vaal Sentrale Waterraad, wat water aan die Vrystaat en Noord-kaap voorsien, staar saam met nog ‘n raad, bankrotskap in die gesig. Dit volgens News24 omdat munisipaliteite glo weier om rekeninge te betaal. Munisipaliteite het aan die einde van Junie gesamentlik 22.4 miljard rand aan waterrade geskuld.

Hulle berig verder dat die Vrystaatse Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit, se skuld van 6.3 miljard rand die meeste is. Die munisipaliteit is ook een van Eskom se grootste debiteur, met ‘n uitstaande rekening van 5.8 miljard rand. Pemmy Majodina, minister van water en sanitasie, het sedert sy inwerkingtreding in Julie gesamentlike politieke vergaderings met provinsiale en plaaslike politici in munisipaliteite begin. Sommige het ooreenkomste bereik, oor betalingsplanne vir lopende rekeninge en ooreenkomste oor ou skuld, het die departement gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×