Vrystaatse leerders word gewaarsku om nie aan skadelike ‘pens down’-aktiwiteite, wat dikwels met die afsluiting van die eksamen gepaard gaan, deel te neem nie.

SABC News berig woordvoerder van die Departement van Onderwys, Howard Ndaba, sê hierdie aktiwiteite wat openbare drinkery, vandalisme en onvanpaste gedrag insluit, soos die skeur van en skryf op skooldrag, ondermyn die waardes van respek en verantwoordelikheid wat die departement nastreef om by leerders in te boesem.

Ndaba moedig eerder matrikulante aan om hul skooldrag aan behoeftige leerders te skenk wanneer hulle hul staat van uitslae op die 14de Januarie afhaal.

Hy voeg by dat dit ‘n belangrike mylpaal is vir baie, en dat die departemente leerders aanmoedig om die mylpaal verantwoordelik te vier, wat waardigheid en respek vir hulself, eweknieë en gemeenskappe weerspieël.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×