Die verkragter van ‘n bejaarde familielid is in die Ladybrand landdroshof tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.
Thato Sehlooho, wat ook die slagoffer se nefie is, is skuldig aan verkragtig, aanranding deur dreigemente asook huisbraak gevind.
Sersant Sinah Mpakane het in ‘n mediaverklaring genoem dat die Ladybrandse eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, uit hul pad gegaan het om te verseker dat die beskuldigde in aanhouding bly totdat hy gevonnis is.
Dit het tydens die hofsaak aan die lig gekom die slagoffer ‘n beskermingsbevel teen Sehlooho gehad.