Die man wat sy vrou – ten aanskoue van hulle minderjarige kinders – eers met ‘n gebreekte bottel, en later met ‘n mes gesteek het, moet lewenslank vir haar moord agter tralies sit. Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die oorledene is minstens 18 keer gesteek.

Die Welkomse hooggeregshof het Mokhereke Mozangwa ‘n verdere twee jaar tronkstraf opgelê, vir die verontagsaming van ‘n beskermingsbevel, wat in 2022 aan die moordslagoffer toegestaan is. Hy het sy vrou glo voorheen by herhaling ernstig aangerand. Sy sou dan strafregtelike klagte teen hom lê, en dit later weer terugtrek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×