Vrystaters het Eskom se tegniese spanne te hulp gesnel toe van hul vragmotors en voertuie in modder vas gesit het.
Volgens ‘n mediaverklaring het die naweek se swaar reën tot ‘n verlies aan toevoer aan Petrus Steyn, Mamafubedu en Damplaas in die Oos-Vrystaat gelei.
Ongeveer 4 500 Eskom-kliënte word geraak. Terwyl sommige foute herstel is, gaan lynpatrollies en foutopsporing voort. Hierdie pogings word egter belemmer deur nat grond wat daartoe lei dat voertuie vassit asook ‘n gebrek aan toegang tot lyne.
Eskom se Senior Bestuurder van Instandhouding en Bedryf in die Vrystaat sê hulle is dankbaar vir hul kliënte wat gehoor gegee het aan die oproep om hul by te staan.