Ten spyte van vrywaringsvorms kan die families van die passasiers wat in die Titan-onderwatertuig dood is, dalk steeds met skadevergoedingseise teen die operateur slaag.

Reuters berig die vrywaringsvorm vir die OceanGate diepsee-ekspedisie na die wrak van die Titanic, noem die moontlikheid van die dood glo minstens drie keer

Al vyf mense wat in die Titan was, toe dit Sondag satellietverbinding met die buitewêreld verloor het, is dood.

Nalatigheid kan die geldigheid van die vrywaringsvorms beïnvloed.

Internasionale media berig ‘n reuse “inploffing” het die tuig in stukke geruk.

‘n Meganiese ingenieur van Bloemfontein het aan Rosestad-nuus gesê die aard van die fout sal bepaal of dit ‘n ontploffing of ‘n inploffing was.

Die ondersoek na die oorsaak van die ramp duur voort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×