Die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, gaan Dinsdag ‘n diensleweringsprogram genaamd Operasie Phethisa in Bloemfontein van stapel stuur. Hierdie program het ten doel om die tempo van dienslewering in die provinsie te versnel. Verskeie departemente sal voertuie ontvang wat hulle sal help om dienslewering te verbeter. Dié geleentheid sal glo ook verskeie dienslewerings-inisiatiewe in die kollig plaas en vorm deel van die regering se onderneming om werkloosheid, armoede en ongelykheid aan te spreek. Die bekendstelling word by Bobbiespark in Fichardtpark gehou en begin om tien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×