Die VSA en Brittanje het die grootste Houthi-aanval op vragskepe in die Rooisee afgeweer, en oorweeg nou militêre optrede teen die Jemen-gebaseerde rebellegroep.

In die 26ste Rooisee-aanval sedert 19 November, het die Houthi’s Dinsdag onder meer ‘n Amerikaanse vragskip geteiken, aangesien dit skynbaar steun aan Israel bied.

Die Verenigde Nasies het gister ‘n resolusie aanvaar wat eis dat Houthi-aanvalle op skeepsvaart langs die Rooisee-roete onmiddellik gestaak word.

Hiervolgens het elke VN-lidland die reg om sy vragvloot te verdedig.

Die Houthi’s sê sy aanvalle op skepe van Israel, is uit protes teen Israel se oorlog teen Hamas-militantes.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×