Die Amerikaanse regering glo dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika in staat is om ‘n vrye en regverdige verkiesing te hou.
Dit volg op ‘n brief van die DA waarin die Amerikaanse regering gevra word om die Mei-verkiesing waar te neem.
Die DA het ook die G7-lande, Europa en Skandinawiese lande om hulp gevra. Amerika sê hy erken dat Suid-Afrika al voorheen suksesvolle verkiesings gehou het.