Amerika het die pleitooreenkoms wat met sommige beskuldigdes van die 11-September-terreuraanvalle gesluit is, herroep.
Hierdie besluit, deur die Amerikaanse regering, word deur naasbestaandes van die aanvalle se slagoffers verwelkom.
Al Jazeera het vroeër berig een van die beskuldigdes is Khalid Sheikh Mohammed, wat na bewering die hoofaanstigter in die aanvalle was. Die Amerikaanse minister van Verdediging, Lloyd Austin, sê hy herroep pleitooreenkoms en die gesag van die amptenaar wat dit beding het. Die beskuldigdes is in aanhouding in Guantánamobaai in Kuba.
Die mans het glo ingestem om skuld te beken op aanklagte van sameswering, om hulle doodsvonnis in ‘n lewenslange vonnis te omskep.