Die VSA se minister van buitelandse sake, Antony Blinken, het vanoggend in Tel Aviv, die hoofstad van Israel aangekom. BBC berig sy besoek is deel van ‘n dringende diplomatieke reis na Israel en ander lande in die Midde-Ooste. Blinken sal na verwagting met Israeliese amptenare asook pres Mahmoud Abbas van Palestina vergader. Abbas is in die Wesbank en is ‘n politieke teenstander van Hamas in die Gaza-strook. INTUSSEN, het Blinken bevestig dat 22 Amerikaners dood is in die oorlog nadat pres Joe Biden Dinsdag aangekondig het dat 14 Amerkaners hulle lewens verloor het. Amerkaners is ook onder die groep mense wat Saterdag deur Hamas ontvoer is. Blinken het gesê daar word deurentyd pogings aangewend om die gyselaars se vrylating te bewerkstellig. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×