Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het ‘n beroep op die Verenigde Nasies gedoen om oplossings te vind wat ‘n geloofwaardige vredesproses tussen Israel en Palestina sal vestig. Die ANC het intussen in ‘n verklaring gesê die optrede van die Hamas-militante is geregverdig. Dit volg nadat Palestynse militante Saterdagoggend ’n verrassingsaanval op Israel geloods het.Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het kort daarna formeel oorlog verklaar. Die departement sê die internasionale gemeenskap moet die verantwoordelikheid dra om struikelblokke tot vrede en enige oortredings van internasionale reg uit die weg te ruim. Lande soos die VSA, Brittanje, Frankryk en Duitsland het reeds gesê hulle ondersteun Israel. Die VSA het ’n vliegdekskip, ander skepe en stralers na die oostelike Middellandse See verskuif en aangedui dat dit bykomende toerusting en ammunisie aan Israel gaan gee.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×