Te midde die vrees dat Israel deur Iran aangeval kan word, raai die VSA nou sy diplomatieke verteenwoordigers in Israel aan om reisplanne te kanseleer.

Luidens Newskoop het die Amerikaanse ambassade sy personeel aangesê om nie buite die groter Jerusalem, Tel Aviv of Beer Sheva-gebiede te reis nie.

Dié opdrag volg op Iran se weerwraak-planne weens Israel se aanval op sy konsulaat in Sirië. Dertien mense is dood toe Israel op die konsulaat toegesak het.

error: Inhoud is beskerm !!