Vuisvoos motoriste sal van vandag af die meeste ooit vir petrol betaal

 Vuisvoos motoriste sal van vandag af die meeste ooit vir petrol betaal

Na die jongste brandstofprysverhogings wat om middernag in werking getree het sal vuisvoos motoriste van vandag af die meeste ooit vir petrol betaal.

Petrol styg met r1 per liter vir 95-oktaan, en met 95-sent ‘n liter vir 93-oktaan.

Motoriste het laas in Junie 2019 na-aan 17-rand per liter opgedok.

Van vandag af is diesel ook duurder met tussen 63- en 65-sent per liter.

Paraffien kos nou agt-rand-80 ‘n liter nadat die prys ook met 34-sent verhoog is.

Die brandstofheffing van 27-sent tree ook vandeesmaand in werking.

LeandreAdmin@