As gevolg van ‘n tekort aan trokke moet spanne naweke werk om agterstallige vullis in die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) te verwyder.
Volgens ‘n kennisgewing van die MMM word vullis een keer ‘n week, van Maandae tot Vrydae, verwyder. Die hoofbestuurder van kommunikasie, Qondile Khedama, sê daar sal aan die agterstand aandag aangegee word soos klagtes ontstaan.
Huishoudelike vullis sal op die gewone dae gedurende die Desember-Januarie Feestyd verwyder word, behalwe op die 25ste en 26ste Desember. Vullis sal wel op 1 Januarie verwyder word. Openbare skoonmaakaktiwiteite sal soos gewoonlik voortgaan.