Vulstasies word gewaarsku dat as hulle betrap word dat hulle “vuil brandstof” verkoop, hulle nie beboet sal word nie, maar gesluit sal word.

Volgens BusinessTech beklemtoon hierdie streng waarskuwing deur die voorsitter van die portefeuljekomitee oor minerale en petroleumbronne, dat besmette diesel ‘n ernstige bekommernis bly.

Daar is vroeer berig dat die komitee dit aan die departement van minerale en petroleumhulpbronne duidelik gemaak dat hulle nie vra dat hierdie maatskappye beboet moet word nie, maar dat hulle hul bedrywighede gestaak moet word.

Die sogenaamde “vuil brandstof”, veral diesel, kan enjins beskadig wat lei tot duur herstelwerk vir niksvermoedende kliënte. Die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe het verlede jaar ‘n toename in brandstofgehaltetoetse aangekondig nadat daar ontdek is dat minstens 70 vulstasies diesel verkoop het wat met paraffien verdun is.

error: Inhoud is beskerm !!