Menigde vee- en wildspesies is dood in ‘n brand by die Maria Moroka Wildreservaat, naby Thaba ‘Nchu net buite Bloemfontein.

Die vuur het omtrent 90% van die wildreservaat verswelg en verskeie strukture by die Black Mountain Resort het in die slag gebly.

Daar is vier mense van Tweefontein Village vir rookinaseming gehospitaliseer. Volgens Johan Savage Breytenbach van die Mangaungse sambreelorganisasie vir brandbestryders, of Mafpa word die omvang van die brand nog bepaal. Baie opkomende boere het ook alles, insluitend hulle vee, in die brand verloor.

Alhoewel die brand by Glen, ‘n groot, sigbare vuur was, is daar tot op hede nie enige verlies aan diere, of stukture aangemeld nie. Beide die bogenoemde vure is geblus. Die vuur by Clarens woed egter steeds voort en verskeie spanne is op die toneel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×