Vyf brandbestryders is beseer en een verlate gebou in Simonstad wat aan die SA Vloot behoort, is in die brande verwoes wat sedert Dinsdag daar woed. Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en reddingsdienste, het aan Maroela Media gesê twee van die vyf brandbestryders moes na die hospitaal geneem word. Hul beserings sluit geswikte enkels en rookinaseming in. Carelse het gesê die brand word tans deur vyf helikopters bestry met 200 brandbestryders op die grond. Sterk winde het daartoe bygedra dat inwoners van die Harbour Heights hul huise as voorsorgmaatreël moes verlaat. Nog drie brande het gister in die Kaapse metro ontstaan, asook ‘n brand in die Tafelberg Nasionale Park.