’n Rekordgetal van 160 organisasies met vyfduisend waarnemers sal oor die land se komende verkiesing toesig hou. Dit is volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika, of OVK, se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo.

Mamabolo het die media gister oor die kommissie se algemene gereedheid vir die 29 Mei-verkiesing ingelig. Hy sê waarnemers bestaan ​​uit plaaslike en internasionale groepe. Mamabolo sê ook die OVK het niks te doen met die beweerde teenwoordigheid van Zimbabwe se Zanu-PF-party in die land nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×