Hoewel meer as R536 miljoen die afgelope dekade by die Suid-Afrikaanse
agentskap vir maatskaplike sekerheid, of SASSA, gesteel is, was daar bitter min
gevolge vir die boosdoeners. Dit is volgens antwoorde wat die minister van
maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, verskaf het op vrae van die DA. Volgens
Zulu is 761 strafregtelike sake van bedrog, korrupsie en diefstal teen
SASSA-amptenare gemaak. Vyftig daarvan in 2021/2022. Net 37 sake is na die
polisie vir verdere ondersoek verwys. Zulu sê daar is slegs in 424 gevalle
departementeel teen amptenare opgetree. Drie voorvalle van diefstal het tot twee
skorsings sonder salaris gelei. Die 259 sake van korrupsie het slegs tot 69
afdankings gelei en net 30 van die amptenare wat daarby betrokke was , het ‘n
vorm van skorsing gekry

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×