Vyf leerlinge is dood en vier ander ernstig beseer toe ‘n vragmotor Donderdagmiddag deur die heining van die Laerskool Vyfhoek by Potchefstroom in die Noordwes geploeg het. Maroela Media berig voorts dat drie van die leerlinge met die nooddienste se aankoms nog onder die vragmotor vasgekeer was. Die oorledenes was vermoedelik almal tussen 4 en 11 jaar oud. Vier van die leerlinge is op die toneel dood verklaar. Hoewel dit nog nie bevestig is nie, bestaan die vermoede dat die bestuurder beheer oor die vragmotor verloor het, toe ‘n band sowat 10km buite Potchefstroom op die N12-hoofweg gebars het. Die vragmotorbestuurder het glo ook beserings opgedoen. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×