In die soektog na drie vermiste polisielede is vyf liggame by die Hennopsrivier in Centurion opgespoor.
Volgens ’n polisieverklaring is drie liggame vroeër vandag gevind terwyl daar na ’n vierde gesoek is.
Volgens IOL is die vierde liggaam saam met ’n bykomende vyfde liggaam van ’n vrou gevind.
Geen van die liggame se identiteite is nog bevestig nie.
Rosestad-nuus het ook berig dat die nasionale kommissaris van die SAPD, Fannie Masemola, Sondag ’n beloning aangekondig het nadat die konstabels Woensdag laas by ’n vulstasie naby die Grasmere-tolplaza gesien is.
LEES MEER: ’n Beloning van R350 000 is vir die vermiste SAPD-lede aangekondig
Hulle was van Bloemfontein op pad na hul ontplooiingsgebied in Limpopo toe hul voertuigopsporingstelsel en selfone onbereikbaar geraak het.