Vyf mense is in China dood, nadat ‘n leë vragskip teen ‘n brug gebots het. Reuters berig voertuie wat op die brug was, het in die water van die Pêrelrivier-delta geval, toe ‘n gedeelte van die brug weens die massiewe impak, in duie gestort het.

Een van die sterfgevalle is die bestuurder van ‘n bus wat op die brug was. Daar was egter geen passasiers in die bus nie. ‘n Motorfietsryer en drie insittendes van ‘n kombi tel ook onder die oorledenes.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×