Lede van die Welkom Polisie het vyf gesoekte moordverdagtes in twee afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem.

Volgens ’n polisieverklaring is twee mans op Saterdag in Welkom aangekeer nadat hulle na bewering aan ’n moord verbind is.

Die volgende dag het lede op inligting gereageer wat hulle na ’n huis in Thabong, naby Welkom gelei het.

Daar is drie mans in hegtenis geneem.

Die polisie sê hulle het in albei gevalle op inligting gereageer en die verdagtes vasgetrek.

Al vyf sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn op aanklagte van moord.

error: Inhoud is beskerm !!