Net een van die staat se art.204-getuies in die vigilante-moordverhoor van Parys het vrywaring van vervolging gekry. ‘n Art 204.-getuie is iemand wat self by ‘n misdaad betrokke was, maar vrywaring van vervolging kry as hy eerlik in die hof getuig. Netwerk24 berig Regter Corné van Zyl het net aan Gawie Coetzer vrywaring gegee. Daar is vroeër in die hof beskryf dat die ander se getuienis onbetroubaar en oneerlik was. Die neefs Wian, Muller en Wikus van der Westhuizen en broers Fanie en Johan Oosthuizen kan nou van die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba aangekla word. Tjixa en Jubeba, wat verdink is van ‘n plaasaanval op ‘n bejaarde boer, is in Januarie 2016 deur die boeregemeenskap gevang. Hulle is erg aangerand en kort daarna dood.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×