Vyf stemme minder, en advokaat Kholeka Gcaleka se benoeming vir nuwe Openbare Beskermer, was gister daarmee heen. 244 lede van die
Nasionale Vergadering het ten gunste van haar benoeming gestem.
Die stemuitslag moes ‘n meerderheid van 60% toon. Dit is 240 stemme ten gunste van die aanbeveling.
Toe ‘n ad hoc-komitee oor die benoeming het, was dit slegs die ANC en IVP wat steun aan Gcaleka toegesê het. Partye soos die DA, EFF, VF Plus, ACDP en ATM het haar onafhanklikheid – ’n sleutel-vereiste vir die pos van Openbare Beskermer – bevraagteken.
Dít weens haar vorige ANC-jeugliga-lidmaatskap, asook die feit dat sy voorheen as raadgewer vir Malusi Gigaba gewerk het.
Haar Phala Phala-verslag, wat President Cyril Ramaphosa kwytskeld, is nog ‘n reuse doring in die vlees van die partye wat haar benoeming teengestaan het.