Vyf personeellede van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het suksesvol ‘n gesogte internasionale program voltooi.
Volgens ’n verklaring op die UV-webwerf is hulle een van slegs twee Suid-Afrikaanse universiteite wat daaraan kon deelneem.
Die vyf personeellede het onlangs hul grade ontvang ná die suksesvolle voltooiing van die Wits-Edinburgh Doktorale Program.
Die program het navorsingskapasiteit uitgebrei en 48 studente uit 11 Afrikalande ingesluit.
Van die UV-gegradueerdes beplan reeds om hul doktorale studies voort te sit.
Prof. Vasu Reddy van die UV het hul prestasies geloof en hul toewyding aan akademiese uitnemendheid beklemtoon.