Vyf verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle naby Mokopane in Limpopo met renosterhorings in hul besit betrap is. ‘n Jaggeweer, ammunisie, ‘n knaldemper en slagmesse is in hulle besit gevind.  Volgens ‘n Polisiewoordvoerder, volg die arrestasies nadat twee renosterkoeie vermoedelik Donderdagnag in ‘n reservaat by Dorset in die Waterberggebied doodgemaak en hul horings verwyder is. Die polisie het met behulp van boere en private sekuriteitsmaatskappye inligting opgevolg en die vyf mans in ‘n motor met ‘n Gautengse registrasienommer in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die Potgietersrus-landdroshof verskyn. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×