Vyf verdagtes van tussen 19- en 40 jaar sal op Maandag, 30 September 2024 in die Rouxville-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van gewapende roof. Die winkeleienaar het ‘n klag aanhangig gemaak nadat hy Woensdagaand deur die groep onbekende mans buite sy winkel op die dorp aangerand en met ‘n vuurwapen gedreig is.
Die mans het kontant geëis en die man van sy selfoon beroof waarna hulle te voet gevlug het. ‘n Soektog is deur die Rouxville- en Zastron polisie van stapel gestuur. Die polisie het die vyf verdagtes aangekeer in Uitbreiding 10 op Zastron, waar beslag gelê is op twee swart klapmusse, ‘n bankkaart, ‘n speelgoedvuurwapen, ‘n pistool, een rondte ammunisie en ‘n selfoon wat vermoedelik aan die klaer behoort.
Die gekonfiskeerde vuurwapen is vir ballistiese toetse gestuur om te verseker dat dit nie in ander misdade gebruik is nie