‘n Skietgeveg tussen die polisie en vermeende bankrowers, het gistermiddag op die N14 by Ventersdorp tot die dood van vyf verdagtes gelei.

Luidens Netwerk24 het die polisie inligting ontvang dat die verdagtes, wat in twee voertuie rondbeweeg het, ‘n rooftog by Carletonvillle beplan het.

Die verdagtes het op lede van die Valke, asook die Gautengse verkeersdepartement losgebrand, toe die wetstoepassers die voertuie van die pad af wou trek.

Die twee voertuie word glo met minstens drie ander rooftogte verbind. ‘n Vroulike verdagte is op die misdaadtoneel in hegtenis geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×