Vyf lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, of SANW, is gister dood toe ‘n brand na die Lohatla-weermagbasis in die Noord-Kaap versprei het.

Die vlamme is gistermiddag deur ‘n wind van 70 kilometer per uur, vanaf ʼn nabygeleë myn in die rigting van die basis aangeblaas.

Volgens Maroela Media het talle weermaglede beserings opgedoen.

Infrastruktuur, weermagvoertuie, tente en ander toerusting is deur die brand verwoes.

Die spesifieke omstandighede wat tot die tragedie op die basis gelei het, sal deur ‘n spesiale SANW-ondersoekraad gefynkam word.

Die raad sal ook die omvang van die skade bepaal.

Die oorsaak van die brand by die myn word intussen ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×