Vyftien sterf en sewentig beseer nadat treinbrug in Mexico ineenstort

 Vyftien sterf en sewentig beseer nadat treinbrug in Mexico ineenstort

Minstens vyftien mense is dood en 70 beseer, nadat ‘n spooroorbrug waarop ‘n trein gery het, Maandagaand op padverkeer neergesort het.

Die ongeluk het in Mexico City plaasgevind.

Volgens Netwerk24 het beeldmateriaal getoon hoe die metrotrein op motors neerstort.

Brandbestryders en noodpersoneel soek onverpoosd voort na oorlewendes in die puin.

Claudia Sheinbaum, burgemeester van Mexico City het bevestig dat minstens vyftien mense in die ongeluk gesterf het, en dat daar tans steeds ‘n motor onder die rommel vasgekeer is.

LeandreAdmin@