“Waarom sê jy niks nie?” Dít is Elon Musk se Twitter-vraag, direk aan president Cyril Ramaphosa, vir die ganse wêreld om te sien.
Die president se oënskynlike stilswye oor die EFF-leier, Julius Malema, se Kill the Boer, Kill the Farmer-refrein, het die Suid-Afrikaans gebore Musk behoorlik warm onder die kraag.
The Citizen berig Malema het die naweek ten tyde van die EFF se tienjaarvieringe ook aan duisende ondersteuners in Soweto gesê, “. . . skiet om dood te skiet”.
Musk, wat @CyrilRamaphosa by sy plasing ingesluit het, meen die EFF doen aanvoorwerk vir die volksmoord van wit mense in Suid-Afrika.