Mense in sekere dele van die Vrystaat, Wes-Kaap, Noord-Kaap en Noordwes, kan vandag en môre hewige donderstorms en gietende reën te wagte wees, wat tot oorstroming kan lei.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n vlak 4-waarskuwing vir érge donderstorms in die Suidoos-Vrystaat, Noord-Kaap, en in die westelike dele van Noordwes, uitgereik.
’n Vlak 3-waarskuwing vir ontwrigtende reën, geld vandag en môre vir die Overberg, die Suid-Kaapse-wynlandstreek, en vir die Tuinroete-kusgebied in die Wes-Kaap.
‘n Vlak 4-waarskuwing is vir die Suidwestelike dele van die Vrystaat uitgereik. Inwoners van Fauresmith, Bloemhof, Koffiefontein, Dealesville en Hoopstad moet op hul hoede wees.