Brandstofpryse wat op Woensdag 1 November in werking tree is laat vanoggend deur die departement van minerale bronne en energie bekend gemaak:
Wat die brandstofprysvasstelling betref, is dit slegs gas wat nie minder sal kos nie.
Die nuwe pryse is lyk soos volg:
• petrol word R1,78 per liter goedkoper
• diesel met 0,05% swael daal met 85,08c per liter
• diesel met 0,005% swael sal 82,08c per liter minder kos, en
• die prys van paraffien daal op kleinhandelvlak met R1,30 per liter
• Die prys van gas styg met R1,49 per kilogram. Dieselprys-dalings het betrekking op groothandelverkope, aangesien die prys van diesel in die kleinhandel nie gereguleer word nie.