RUGBY –  Die Walliese haker Scott Baldwin wat homself in die rugby-wildernis bevind het is na ’n afwesigheid van 6 jaar weer terug vir die Rooi Drake nadat hy deur die hoofafrigter Warren Gatland ontbied is aangesien Dewi Lake weens ’n kniebesering moes ontrrek het van die groep.

Baldwin wat in die nuus was nadat hy in 2017 deur ’n leeu aan die hand gebyt is, is in die groep ingesluit wanneer Wallis hul rekening teen Ierland in die Sesnasies-reeks open maar sal moet wag en sien of hy wel speelkans gaan kry.

Die Rooi Drake se kaptein Ken Owens sal in die beginspan wees terwyl Baldwin of die gebore Suid-Afrikaner en oudleerling van Michaelhouse Bradley Roberts moontlik op die plaasvervangerbank sal inskuif.

Wallis en Ierland sal die Sesnasies-reeks op die 4de  Februarie om 16:15 (SA Tyd)  afskop waarna Engeland en Skotland later die aand kragte sal meet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×