Kenners waarsku teen ‘n dreigende waterkrisis in Suid-Afrika op ‘n skaal erger as beurtkrag. Dit is aangesien kriminele sindikate waterinfrastruktuur begin teiken om tenders aan te teken. BizNews berig Professor Anthony Turton van die Sentrum vir Omgewingsbestuur aan die Universiteit van die Vrystaat het gewaarsku dat die waterkrisis ‘n selfs groter impak op Suid-Afrika kan hê as beurtkrag as dit nie gou aangespreek word nie. Volgens Turton is die sentrale kwessie nie ‘n waterskaarste nie, maar eerder dat kriminele sindikate in Suid-Afrika se watervoorsieningswaardeketting ingebed is. Hy het gesê die krisis is van so ‘n aard dat nie net die land se sekuriteit bedreig word nie, maar ook die land se ekonomie. Die oorlewing van besighede hang af van watervoorsiening. Turton het gesê ‘n groot deel van die probleem is die totale ineenstorting van die rioolafval-bestuurstelsels by munisipaliteite.  Die land staar ‘n enorme riool krisis in die gesig wat rioolstorting betref. Turton het jare gelede reeds gewaarsku dat Suid-Afrika se munisipaliteite nie meer oor die tegnologie beskik om riool-afval behoorlik te suiwer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×