Die Departement van Water en Sanitasie sal met die monitering van die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel voortgaan na damvlakverhogings.

Die onlangse swaar reënval in Gauteng het die Vaalrivier laat oorloop, wat die departement gedwing het om vyf sluishekke oop te maak.

Vaaldam se watervlakke het egter tot 114-komma-drie-agt persent gedaal.

Die departement het ook die water wat in die Bloemhofdam vrygestel is, van tweeduisend-100 tot eenduisend-800 kubieke meter per sekonde verminder.

Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, het inwoners wat in die damstelsels se vloedvlakte woon aangemoedig om voort te gaan om te ontruim om veilig te bly.

LUISTER:

error: Inhoud is beskerm !!