‘n Watermonster wat sowat tien meter stroomaf van ‘n mangat geneem is wat reeds ‘n geruime tyd riool in die Vaalrivier naby Parys stort, het positief vir cholera
sowel as e.coli getoets.
Afriforum en Save Ngwathe het gesê watermonsters is by verskillende plekke in die Vaalrivier onder toesig van ‘n spesialis geneem, berig News 24.
Die woordvoerder van die departement water en sanitasie, Wisane Mavasa, het gesê dit is nie verbasend dat daardie deel van die rivier positief toets vir cholera nie.
Dit beteken egter nie die behandelde water in Ngwathe se krane wat deur die munisipaliteit verskaf word, is met cholera besmet nie.
‘n 33-jarige vrou van Vredefort is intussen dood aan cholera en agt positiewe gevalle is in die Vrystaat aangemeld.
Die departement van water en sanitasie ondersoek intussen die storting van riool vanuit ‘n mangat naby die Vaalrivier.