Water keer eindelik drupsgewys na Bloemfontein se noordekant terug. Sekere inwoners hier het reeds langer as ‘n week geen water nie.

‘n Waterpyp wat ‘n dag of twee gelede naby die Botaniese Tuine gebars het, is nog nie herstel nie.

Hier sal mense dus nóg langer vir water moet wag. Met reservoirs wat vir ‘n tyd lank onder druk gaan bly, word inwoners gewaarsku dat water dalk vir eers net van tyd tot tyd
beskikbaar kan wees.

Die waterdruk en -toevoer, behoort stelselmatig te verbeter, indien beurtkrag en kragonderbrekings, nie wal teen die pompproses gooi nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×