Die Mangaung-metro het Maandagmiddag gewaarsku dat wateronderbrekings Woensdag en Donderdag die orde van die dag kan wees wanneer Bloemwater instandhoudingswerk aan die Welbedacht-stelsel sal doen. Die werk sal luidens ‘n munisipale verklaring ongeveer 36 uur neem om te voltooi. Die volgende gedeeltes word geraak: Bainsvlei, Bloemdal, Bochabela, Fauna, Gardeniapark, Heidedal, Langenhovenpark, Lourierpark, Gedeeltes van Universitas, Pellissier, Rocklands, Spitskop N1 naby Heuwelsig, Vistapark en Wilgehof. Watertenks sal ten tyde van die wateronderbrekings by strategiese punte in hierdie areas geplaas word. Mense word ook gevra om vooraf water vir basiese huishoudelike behoeftes op te gaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×