Waterprobleem in die suide van Bloemfontein weens instandhoudingswerk

‘n Waterprobleem wat vanoggend in die suide van Bloemfontein ontstaan het gaan gepaard saam met instandhoudingswerk wat deur Eskom aan die Welbedachtdam gedoen word.

Volgens Rossouw Botes, DA-raadslid van die Mangaung Metro, is die uitwerking van die instandhoudingswerk dat die
Brandkop-reservoir Woensdagoggend feitlik leeg was.

Dié reservoir is verantwoordelik vir die voorsiening van 69% van Bloemfontein se water.

Netwerk24 berig Rossouw het verder gesê die instandhoudingswerk sal tot 6-uur vanaand duur, waarna water weer na die reservoir gepomp sal word.

Geaffekteerde areas sluit in Pellissier, Fichardtpark, Fleurdal, Uitsig, Fauna asook dele van Universitas en Langenhovenpark.

Luister na potgooie hieronder