Vaal Sentraal Water, het sy instandhoudingswerk by die Welbedacht-aanleg in die Caledonrivier-streek suksesvol afgehandel. Qondile Khedama, kommunikasiehoof by die Mangaung-metro, sê sekere dele aan Bloemfontein se noordekant, kan weens tegniese redes, ‘n bietjie langer op watertoevoer moet wag.
Die netwerk wat hierdeur geraak word, bedien Heuwelsig, Arboretum, Pentagonpark en die middestad. Mobiele waterstasies sal die suide van die stad van water voorsien, totdat die gewenste netwerkwatervlak bereik is. Khedama vra verskoning vir die gepaardgaande ongerief, en bedank inwoners vir begrip.