Die impak op die Vrystaatse landboubedryf, as gevolg van die sluiting van die Lesotho-hooglandwaterskema, sal deur die DA gemonitor word.

Volgens Maroela Media sal Trans-Caledon-waterowerheid vanaf Oktober watervloei na Suid-Afrika, vir ‘n voorgestelde ses maande, opskort om noodsaaklike instandhouding- en konstruksiewerk in Lesotho te doen.

Talle gemeenskappe in die Vrystaat maak staat op water van die kanaal, en die DA is van mening dat watertoevoer na dorpe en die landboubedryf in die Vrystaat beduidend sal afneem.

Inwoners van Clarens het ook kommer uitgespreek oor die stadige vordering om bykomende boorgate en die nodige infrastruktuur op te rig om betroubare watertoevoer te verseker.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×