DA- raadslid, Rossouw Botes het vroeër vanoggend aan Rosestad 100.6fm-nuus gesê dat die watertoevoer volgens Bloemwater teen Sondag 5 Februarie sal begin normaliseer.  Wat die noordelike buurte se watertoevoer betref is daar na berig word ‘n groot agterstand by die Maselspoort-aanleg as gevolg van herhaaldelike kragonderbrekings wat veroorsaak dat die Hamilton en Arboretum reservoirs nie voldoende water kan stoor nie.  Bloemwater hoop dat ook die stand van sake by die reservoirs wat die noorde van water verskaf teen Sondag sal verbeter.  Verbruikers word gemaan om water spaarsaam te gebruik.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×